Uit "Scriba van die Carbonari" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #14095] |
Ma, 27 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Scriba van die Carbonari"
D.J. Opperman
...
en ook waar berg en bos styg uit die see
met winde wat oor rots en denne fluit,
ken ek in alles die angs en wee
van God in ieder ding en mens gesluit,
en as volksgenoot is dit my doel:
Ek moet my land, wat buite die hemele lê,
deur Sy genade en Sy meegevoel
bestendig in my volk se taal en sê
wat my aangryp; en in volstrekte
vereenselwiging met alles om my heen:
bloeisels, Alpe en viswyf, verlos ek
deur die gedig die engel uit die steen.
...
|
|
|